| “Copy en Paste”
nes julle lekker kry – maak die belofte se woorde persoonlik en
spesiaal vir julle self !!
VOORBEEELD 1
GEE
MEKAAR DIE REGTERHAND
JOHAN of jy
bewus is van enige wettige verhindering tot jou huwelik met
ISABEL wie se regterhand jy nou vashou? (Geen) Is jy
oortuig dat julle deur God saamgevoeg is? (Ek is)
ISABEL of jy
bewus is van enige wettige verhindering tot jou huwelik met
JOHAN wie se regterhand jy nou vashou? (Geen) Is jy
oortuig dat julle deur God saamgevoeg is? (Ek is)
BRUIDEGOM
JOHAN in die
teenwoordigheid van God en hierdie getuies, verklaar jou
huweliks gelofte aan ISABEL
deur die volgende te herhaal:
Ek JOHAN aanvaar jou
ISABEL as ‘n
kosbare gawe van God. Ek sal jou liefhê en een met jou wees
soos Jesus en die Vader een is, sodat die eenheid van ons
huwelik God mag verheerlik en ander na Hom toe trek. Ek aanvaar
die verantwoordelikheid as hoof van ons huis, net soos Christus
die Hoof is van die gemeente en Homself daarvoor gegee het. Ek
sal my altyd beywer vir vrede in ons huwelik. Ek sal simpatiek,
beleefd en teer teenoor jou wees en aan jou getrou bly. Ek sal
jou seën en vir jou bid en die blydskap van die Here bewaar en
nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Ek sal sorg dat die son
nooit oor ons toorn ondergaan nie. Ek sal altyd in waarheid en
met liefde met jou praat. Ek sal aan jou getrou bly en jou
nooit verlaat nie, solank as wat ons leef. Volgens God se Woord
sal ons Goddelike gesondheid, vrede en voorspoed geniet en in
harmonie met mekaar saamleef.
EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN
NEEM JOU AS MY WETTIGE VROU.
ISABEL
in die teenwoordigheid van God en
hierdie getuies, verklaar jou huweliks gelofte aan
JOHAN deur die volgende te
herhaal:
Ek
ISABEL aanvaar
jou JOHAN as ‘n kosbare gawe van God. Ek sal jou liefhê
en een met jou wees soos Jesus en die Vader, sodat die eenheid
van ons huwelik God mag verheerlik en ander na Hom toe trek. Ek
sal aan jou onderdanig wees en myself aan jou gee. Ek sal jou
altyd respekteer beskerm en eerbiedig. Ek sal jou liefhê en by
jou staan. Ek sal sorg dat die son nooit oor ons toorn
ondergaaan nie en sal my beywer vir ‘n verhouding van vrede met
God en met jou. Ek kies vandag om jou te volg en jou te erken
as hoof van ons huis. Ek sal altyd die waarheid teenoor jou
spreek en aan jou getrou bly en jou nooit verlaat nie, solank
ons leef. Volgens God se Woord sal ons Goddelike gesondheid,
vrede en voorspoed geniet en in harmonie met mekaar saamleef.
EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN
NEEM JOU AS MY WETTIGE MAN.
RINGE
Die bruidspaar
bevestig nou hul huweliks gelofte aan mekaar deur die
wederkerige skenking van ‘n ring, as teken en pand van hul
huwelikstrou.
Hierdie ring simboliseer die
eindelose vereniging van my lewe met joune. Jou drome is nou my
drome, jou hoop is my hoop, jou vrese my besordheid. Jou
teerheid my vreugde en jou liefde my seën.
SEëNGEBED
VERKLARING
Nadat JOHAN
en GERDA mekaar die eed van huweliks trou afgelê het en hul
verbond aan mekaar bevestig het deur die wederkerige skenking
van ‘n ring, verklaar ek hulle wettig man en vrou in die Naam
van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
VOORBEELD 2
WILLEM in die teenwoordigheid van
God en hierdie getuies, verklaar jou huwelik gelofte aan
DEIDRÉ deur die volgende te herhaal:
Ek beloof om jou minnaar, metgesel en maat
te wees. Jou vennoot in ouerskap. Jou bondgenoot in konflik. Jou
grootste bewonderaar en jou mees gedigte teenstaander. Jou
kameraad in avontuur. Jou student en leermeester. Jou troos in
teleurstellings. Jou medepligtige in ondeundheid. Jou krag in
swakheid en kwesbaar teenoor jou in my swakheid. Om met jou te
deel in ʼn verhouding van liefde, teerheid en genot. DEIDRÉ,
Ek het jou lief en jy is my beste maat. Sal jy my toelaat om my
lewe en alles wat ek is met jou te deel ?
DEIDRÉ in die teenwoordigheid van
God en hierdie getuies, verklaar jou huwelik gelofte aan
WILLEM deur die volgende te herhaal:
Ek beloof om jou minnares, metgesel en maat
te wees. Jou vennoot in ouerskap. Jou bondgenoot in konflik. Jou
grootste bewonderaar en jou mees gedigte teenstaander. Jou
kameraad in avontuur. Jou student en leermeester. Jou troos in
teleurstellings. Jou medepligtige in ondeundheid. Jou krag in
swakheid en kwesbaar teenoor jou in my swakheid. Om met jou te
deel in ‘n verhouding van liefde, teerheid en genot. WILLEM,
Ek het jou lief en jy is my beste maat. Sal jy my toelaat om
my lewe en alles wat ek is met jou te deel ?
Voorbeeld 3
BRUIDEGOM
HANNES in die teenwoordigheid van God
en hierdie getuies, verklaar jou huweliksgelofte aan MICHELLE
deur die volgende te herhaal:
MICHELLE,
ek wil my
lewensreis met jou as my maat deel. Ek sal jou bemin en
respekteer in tye van geluk en ook in donkerder dae. Ek sal jou
opsoek vir liefde, raad en ondersteuning in watter omstandighede
ookal. Ek wil my geluk en hartseer, my suksesse en mislukkings
met jou deel. Ek sal jou eer en getrou aan jou wees vir solank
ons leef. EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU AS
MY WETTIGE VROU.
BRUID
MICHELLE in
die teenwoordigheid van God en hierdie getuies, verklaar jou
huweliksgelofte aan HANNES
deur die volgende te herhaal:
HANNES,
Ek wil my
lewensreis met jou as my maat deel. Ek sal jou bemin en
respekteer in tye van geluk en ook in donkerder dae. Ek sal jou
opsoek vir liefde, raad en ondersteuning in watter omstandighede
ookal. Ek wil my geluk en hartseer, my suksesse en mislukkings
met jou deel. Ek sal jou eer en getrou aan jou wees vir solank
ons leef. EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU
AS MY WETTIGE MAN.
VOORBEELD 4
BRUIDEGOM
BRIAN
in die teenwoordigheid van God en hierdie getuies, verklaar
jou huweliks gelofte aan INEKE
deur die volgende te herhaal:
Ek Brian neem jou Ineke
as my wettige vrou. Ek beloof voor getuies om getrou aan jou te
wees, jou met my hele hart lief te hê. Ek sal jou bystaan in
goeie en slegte tye en jou help om jou drome te bewaarheid. Ek
sal jou altyd beskerm en bemin tot die dood ons skei.
BRUID
INEKE
in die teenwoordigheid van God en hierdie getuies, verklaar
jou huweliks gelofte aan BRIAN
deur die volgende te herhaal:
Ek Ineke neem jou Brian
as my wettige man. Ek beloof voor getuies om getrou aan jou
te wees, jou met my hele hart lief te hê. Ek sal jou bystaan in
goeie en slegte tye en jou help om jou drome te bewaarheid. Ek
sal jou altyd beskerm en bemin tot die dood ons skei.
Voorbeeld 5
Hiermee neem ek, Armand, jou Jean,
as my wettige vrou, om te deel in ‘n verhouding van liefde,
teerheid em geluk. Ek sal by jou staan deur al ons mores, jou
respekteer as mens, jou individualiteit, behoeftes en
veranderings. Ek kies om aan jou getrou te bly en geen
losmaking te soek nie, tot die dood ons skei, en jou liefde te
geniet vir solank ons leef.
Hiermee neem ek, Jean , jou Armand,
as my wettige man, om te deel in ‘n verhouding van liefde,
teerheid em geluk. Ek sal by jou staan deur al ons mores, jou
respekteer as mens, jou individualiteit, behoeftes en
veranderings. Ek kies om aan jou getrou te bly en geen
losmaking te soek nie, tot die dood ons skei, en jou liefde te
geniet vir solank ons leef.
VOORBEELD 6
ARNO
in die teenwoordigheid van God en hierdie
getuies, verklaar jou huweliks gelofte aan YOLANDA deur
die volgende te herhaal:
Ek ARNO
aanvaar jou YOLANDA as ’n Gawe van God. Ek sal jou liefhê
en een met jou wees soos Jesus en die Vader een is. Ek sal jou
bemin en respekteer in tye van geluk en ook in donkerder dae.
Ek sal opsoek vir Liefde, raad en ondersteuning. Ek sal
simpatiek, beleefd en teer teenoor jou wees. Ek wil my geluk en
hartseer, my suksesse en mislukkings met jou deel. Ek sal altyd
in waarheid en met liefde met jou praat. Ek sal jou eer en
getrou aan jou wees vir solank ons leef. EK GEE JOU HIERMEE
MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU AS MY WETTIGE VROU.
YOLANDA
in die teenwoordigheid van God en hierdie
getuies, verklaar jou huweliks gelofte aan ARNO deur die
volgende te herhaal:
Ek YOLANDA
aanvaar jou ARNO as ’n Gawe van God. Ek sal jou liefhê en
een met jou wees soos Jesus en die Vader een is. Ek sal jou
bemin en respekteer in tye van geluk en ook in donkerder dae.
Ek sal opsoek vir Liefde, raad en ondersteuning. Ek sal
simpatiek, beleefd en teer teenoor jou wees. Ek wil my geluk en
hartseer, my suksesse en mislukkings met jou deel. Ek sal altyd
in waarheid en met liefde met jou praat. Ek sal jou eer en
getrou aan jou wees vir solank ons leef. EK GEE JOU HIERMEE
MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU AS MY WETTIGE MAN.
VOORBEELD 7
BRUIDEGOM
DEON in die teenwoordigheid van God
en hierdie getuies, verklaar jou huweliks gelofte aan
MAGDA deur die volgende te herhaal:
Ek versoek die persone teenwoordig om te
getuig dat ek DEON
jou MAGDA
neem as my wettige vrou om te deel in ‘n verhouding van liefde,
teerheid en geluk. Ek sal by jou staan deur al ons môres, jou
respekteer as persoon, jou individualiteit, behoeftes en
veranderings. Ek kies om aan jou getrou te bly en geen losmaking
te soek nie, totdat die dood ons skei en jou liefde te geniet
vir solank ons leef.
EK GEE JOU HIERMEE MY
WOORD VAN TROU EN NEEM JOU AS MY WETTIGE VROU.
BRUID
MAGDA in die
teenwoordigheid van God en hierdie getuies, verklaar jou
huweliks gelofte aan DEON
deur die volgende te herhaal:
Ek versoek die persone teenwoordig om te
getuig dat ek MAGDA
jou DEON neem
as my wettige man om te deel in ‘n verhouding van liefde,
teerheid en geluk. Ek sal by jou staan deur al ons môres, jou
respekteer as persoon, jou individualiteit, behoeftes en
veranderings. Ek kies om aan jou getrou te bly en geen losmaking
te soek nie, totdat die dood ons skei en jou liefde te geniet
vir solank ons leef.
EK GEE JOU HIERMEE MY WOORD VAN TROU EN NEEM JOU
AS MY WETTIGE MAN.
RING OPSIES
1.
Hierdie ring
simboliseer die eindelose vereniging van my lewe met joune. Jou
drome is nou my drome, jou hoop is my hoop, jou vrese my
besordheid. Jou teerheid my vreugde en jou liefde my seën.
2.
Ek gee hierdie ring
as ewige simbool van my liefde en belofte.
3.
Ek gee hierdie ring
as ewige simbool van my liefde en trou
TERUG NA TUISBLAD
|